Kruger Bonsmara

Waterpaslaagte farm, Boshof, 8340 ,South Africa
Kruger Bonsmara Kruger Bonsmara is one of the popular Farm located in Waterpaslaagte farm ,Boshof listed under Farming/agriculture in Boshof , Farm in Boshof ,

Contact Details & Working Hours

More about Kruger Bonsmara

Kruger Bonsmara Stoet bestaan tans uit 700 koeie, en verskaf jaarliks 120 bulle aan die mark. Hierdie bulle word op 4 veilings bemark, naamlik Kruger Boerdery se jaarlikse produksieveiling, Bonsmara Genepoel se lente- en herfsveilings, en 'n jaarlikse kommersiële aanteelveiling.

Verse word op 12 tot 15 maande gedek en kalf dus op 21 - 24 maande. Deur doeltreffende bestuur is die herbesetting van hierdie eerstekalfkoeie bo 85%, terwyl die totale kudde se besetting jaarliks 90% en hoër is.

Ons weidingsbestuur is gebasseer op 'n 50 / 50 beginsel. Die helfte van die veld word vir een jaar bewei terwyl die ander helfte rus vir 'n volle jaar. Hierdie praktyk het die drakrag met 25% verhoog.

Map of Kruger Bonsmara