Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053

Ross street, Amanzimtoti, 4126
Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053 Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053 is one of the popular Community located in Ross street ,Amanzimtoti listed under Community in Amanzimtoti ,

Contact Details & Working Hours

More about Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053

Wat ons glo.
GELOOFSBELYDENIS
 ONS GLO in God die ewige, drie-enige, almagtige skepper, onderhouer en regeerder van die hele skepping.
 ONS GLO in God die Vader, die Outeur van die skepping en verlossing.
 ONS GLO in Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader, waarlik God wat ter wille van die mensdom en sy verlossing uit die hemel neergedaal en vlees geword het; wie deur die Heilige Gees verwek is en uit die maagd Maria gebore is, wie gewoon het op aarde en gekruisig was, gesterf het en begrawe was, wie uit die dood opgestaan en opgevaar na die hemel waar Hy sit aan die regterhand van die Vader.
 ONS GLO in die Heilige Gees, waarlik God wie voortgaan vanuit die Vader en die Seun, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en lei in alle waarheid.
 ONS GLO dat die Bybel is die woord van God, geskryf deur mense soos die Heilige Gees hulle geïnspireer het. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en leer ons alles wat nodig is vir verlossing.
 ONS GLO dat alle mense in die beeld van God geskep is, as gevolg van hulle sondige opstand is hierdie beeld geskend, sodat alle mense voor God gesondig het en dit is die wil van God dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus Christus.
 ONS GLO in die dooping in die Heilige Gees met die aanvanklike teken van spreke in tale soos aan alle gelowiges belowe. Ons glo in die openbaring van die gawes en die vrug van die Gees in die lewe van ‘n Christen. Ons glo dat ‘n Christen ‘n dissipel van Jesus Christus is wat ‘n toegewyde en heilige lewe moet handhaaf.
 Dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees gelei word en bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die Kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil vir alle mense. As ‘n charismatiese gemeenskap verkeer hulle onderling en stig mekaar.
 ONS GLO dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die Nagmaal ingestel is deur Jesus Christus en deur die Kerk onderhou moet word.
 ONS GLO dat op die tyd wat deur God uitgekies is, Jesus Christus sy Kerk sal kom wegneem.
 ONS GLO in ‘n dag van oordeel wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel. Ons glo in die opstanding van die liggaam en die ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. Ons glo in die nuwe hemel en die nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer.
MISSIE
Die missie van die gemeente is:
 Om God te verheerlik;
 Die koninkryk van God te verkondig deur die prediking van die evangelie van Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees;
 Aan die behoeftes van die totale persoon te bedien;
 Te ontwikkel, toe te rus en gelowiges te bemagtig vir effektiewe diens in die bediening;
 Die invloed van die gemeente buite sy grense en in die buiteland uit te brei;
 Die gemeenskap van die gelowiges te bevorder en om bedieninge in ‘n netwerk saam te voeg.
BEDIENINGE
Die kerk erken die volgende bedieninge:
 Die toerusting bedieninge volgens Efesiërs 4:1-14.
 Apostels
 Profete
 Evangeliste
 Herders
 Onderwysers
 Die charismatiese bediening gawes soos beskryf in Romeine 12:6-9 en 1 Kor 12:4-11.
 Ouderlinge en diakens (1 Tim.3 en Tit.1).

Map of Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053