Die medium van ons skool is Afrikaans, maar ander kleuters sal sovêr moontlik geakkomodeer word.
Die aanleer en uitleef van Christelike norme is die uitgangspunt van hierdie skool.
Kleuters tussen 3 maande en 6 jaar word hier toegelaat.
Die jaar waarin 'n kind 7 word, moet hy / sy toegelaat word tot 'n staat / private skool.
Slegs kinders met fisiese, of mediese rede mag aansoek doen t.o.v. vrystelling skoolpligtigheid.
Kleuters word met graagte toegelaat na gelang van beskikbare plek in 'n bepaalde ouderdomsgroep.
Klasindelings volgens OUDERDOM sal gehandhaaf word sover dit moontlik is.
Die groepe word as volg opgedeel:
- Eendjies - Babas - 3 tot 18 maande
- Mossies - 19 tot 24 maande
- Vinkies
- Houtkappers
- Loeries
- Pikkewyne - Graad "RR"
- Tarentale - Graad "RR"
- Uile - Graad "R"