InniVallei Wyn- en Musiekfees

13 Mountain Mill Drive, Worcester, 6850 ,South Africa
InniVallei Wyn- en Musiekfees InniVallei Wyn- en Musiekfees is one of the popular Organization located in 13 Mountain Mill Drive ,Worcester listed under Organization in Worcester ,

Contact Details & Working Hours

More about InniVallei Wyn- en Musiekfees

Mountain Mill Inkopiesentrum, op die oewer van die Worcester dam, bring die gewildste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf na Worcester. (slegs 1 uur vanaf Kaapstad) Die fees begin Donderdag 14 April, deure open om 16:00 waarna Bobby van Jaarsveld om 19:00 die naweek se jolyt sal afskop. Vrydagaand, 15 April tree Emo Adams en die gewilde Francois van Coke op en Saterdagaand is dit Kurt Darren, Adam, Elvis se Seun en Irene-Louise van Wyk wat die feesgangers met ‘n drie en ‘n half uur skouspel gaan vermaak. Nie net is hierdie bekende sangers te sien nie, maar daar is ook 21 ander sangers wat die feesgangers op 2 buitelugverhoë gaan vermaak. 30+ Wynplase vanoor die hele vallei sal hulle wyne te proe en te koop kom aanbied en daar sal ook heerlike unieke kosstalletjies wees. Ouers kan gerus wees, daar sal hope kindervermaak aangebied word met ‘n area waar kinderoppassers die jongspan sal besig hou. Die kaartjiepryse wissel van R60 vir kinders vanaf 13 tot R150 per volwassene per dag, en ‘n naweek paspoort vir al 3 dae is slegs R250. Daar is ook gesinspakkette beskikbaar wees. Kinders 5-13 is gratis (1 per betalende volwassene). Kaartjies is beskikbaar by webtickets.co.za. Vir meer inligting, skakel Annelize Orton op 083 381 5890

Map of InniVallei Wyn- en Musiekfees