HTS Tom Naude THS

226 Potgieter Avenue, Polokwane, 0700 ,South Africa
HTS Tom Naude THS HTS Tom Naude THS is one of the popular High School located in 226 Potgieter Avenue ,Polokwane listed under School in Polokwane , High School in Polokwane ,

Contact Details & Working Hours

More about HTS Tom Naude THS

Uit die Hoof se Kantoor
HTS Tom Naudé is in 1950 gestig as ‘n dubbelmedium skool en was in die beginstadium gehuisves in die huidige Kareebasis langs die lughawe – nou bekend as die Gateway lughawe.

Die eerste hoof, dr PA Conradie was 10 jaar lank aan die stuur van sake (1950-1960) en is opgevolg deur mnr SCM Naudé (1960 – 1965), mnr JG Theron (1965-1969), mnr MJ Hough (1969-1979), mnr FT Preller (1980-2003) en tans mnr FP Liddle.

Met die nuwe NVV Kurrikulum is die tegnologievakke gekombineer en is verminder van die agt tegniese en tegnika vakke wat die skool gehad het, na drie tegnologie vakke. Ons skool speel ‘n leidende rol om die vakke te probeer terugbring, omdat ons glo dat hierdie oorlaaide sillabus nie die skool se einddoel komplimenteer nie. ‘n Opname wat in 2007 deur Solidariteit gemaak is, het getoon dat daar 100 000 tegnies georiënteerde beroepsgeleenthede vakant is.

Hierdie nypende tekort veroorsaak dat hoër tegniese skole van kardinale belang in die onderwysstruktuur van Suid-Afrika is. Vir hierdie rede is dit van die uiterste belang dat leerlinge opgelei word in tegniese skole en dat hulle die internasionale taal van Ingenieursgrafika en Ontwerp bemeester, asook dat hulle in een van die volgende tegnologierigtings opgelei word naamlik Elektriese-, Meganiese- of Siviele Tegnologie.

‘n Voldonge feit van tegniese onderwys is dat dit een van die moeiliker vakpakette is, aangesien dit verpligtend vir alle leerlinge is om Fisiese Wetenskappe as vak te neem.

Dit is ook ‘n algemene bekende feit dat alle leerders wat die eindeksamen by HTS TOM NAUDé skryf, reeds teen November geplaas is, hetsy dit vir tersiêre studie is of vir een of ander vorm van opleiding of werksgeleentheid.

Buiten die sport- en kultuurgeleenthede bied die skool ‘n akademiese ingesteldheid van hoogstaande gehalte.

Ons pragtige kampus getuig van goeie bestuur. Die harmonieuse samewerking tussen die beheerliggaam en skoolbestuur is opmerklik en tot voordeel van die betrokkenes. Uit die aard van ons Christelike ingesteldheid is ons daagliks diep onder die besef van ons Hoërhand se leiding en betrokkenheid by ons skool. Ons het pragtige leerders wie goed gedissiplineerd is en hul gedrag en drag is van hoogstaande gehalte. Dis ‘n voorreg om by hierdie instansie betrokke te wees en ons nooi almal wat ons etos en waardes deel, om by ons aan te sluit.

Map of HTS Tom Naude THS