Hoërskool Upington is ‘n skool met trotse tradisies en daarom verbind ons onsself daartoe om leerders in hul totaliteit te lei om as verantwoordelike, selfgedissiplineerde volwassenes in die gemeenskap te staan.
Ons skep ʼn omgewing waarin leerders binne multikulturele verband tot volle potensiaal kan groei.