Hoerskool Hercules

h/v Jennings- en Ribbensstraat, Pretoria, 0030 ,South Africa
Hoerskool Hercules Hoerskool Hercules is one of the popular High School located in h/v Jennings- en Ribbensstraat ,Pretoria listed under Education in Pretoria , High School in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

More about Hoerskool Hercules

Hoërskool Hercules beskik oor 'n ryk tradisie en bied 'n blink toekoms aan al sy leerlinge.

Hier word leerders die geleentheid gebied om te groei en die hoogste standaarde na te streef.

Christelike waardes is deel van ons leuse.

Die skool is ingestel op gehalte onderwys wat rekening hou met die eise van ons tyd.

Elke leerling vind hier die geleentheid om sy behoeftes, belangstellings en talente ten volle uit te leef.

Hoërskool Hercules is 'n dinamiese skool wat hom beywer om die behoeftes van ons gemeenskap te dien

Hoërskool Hercules is 'n Afrikaanse hoërskool wat op die hoek van Jenning- en Ribbenstraat in Daspoort, Pretoria geleë is. Die skoolhoof is J.J. Enslin

Geskiedenis

Die skool is in 1941 gestig as Hercules Junior Hoërskool. Die skool open die daaropvolgende jaar in Januarie 1942 met 186 leerlinge. Die eerste skoolhoof was Mnr. S. Kruger (1942-1961) en die skool se leuse was: "Vas vat, dit moet"

Verskeie veranderings word in 1953 aangebring, onder andere:
Die skool se leuse word verander na: “GROEI” (vir Geregtigheid, Regverdigheid, Opregtheid, Eerlikheid, Integriteit). Die leuse is afkomstig uit die Bybel, Psalm 92 vers 6.
Die skoolwapen verander met die nuwe leuse asook die naam "Hoërskool Hercules".
Die skooluniform is groen.
Die skoollied, geskryf deur Mnr. C.J. Lamprecht, word in gebruik geneem.

Na die stigting van Hoërskool Hercules, is Hoërskool Tuine en Hoër Tegniese Skool Tuine gestig.

Map of Hoerskool Hercules