HantamStap

7 Calvyn Street, Calvinia, 8190 ,South Africa
HantamStap HantamStap is one of the popular Hotel & Lodging located in 7 Calvyn Street ,Calvinia listed under Just For Fun in Calvinia , Attractions/things to do in Calvinia , Camp in Calvinia ,

Contact Details & Working Hours

More about HantamStap

https://www.youtube.com/watch?v=GoTOuEFTfVc

Handvol gruis uit die Hantam
Deur C. Louis Leipoldt
'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.
Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!

Kom beleef die Hantam op `n 7 dae staptog in die natuur. Neem u tyd , geniet uself . Waardeer , bewonder , teug die natuur in saam met al sy gratis bonusse .
Bestyg die Hantamberge en aanskou die Skeppingswonder van bo . Berge en dale, bome , bosse , vlaktes .

Ons kampeer elke nag op `n ander plek {soos die staptog vorder} onder die sterrehemel en adem die vars lug van die Hantam in. Hoor die naggeluide, aanskou die Hantamberge, Kokerboomwoude, klowe, kranse, rivierlope, leegtes, heuwels. Stap self die stofpaaie/gruispaaie . Hoor hoe knars die gruis en kraak die stokkies onder die stewels , ruik die Skaapbos , Bitterbos en Ballerjaar . Beleef die skilpad op soek na soete waters ; die geroep van die uil na sy maat , die getjank van die jakkals en die Goeihoppie wat die reën roep en die rustigheid en innerlike vrede wanneer die groot , goue maan verrys oor die Hantamberge .

Map of HantamStap