Hananja Akademie

Hananja Akademie, Loerie, ,South Africa
Hananja Akademie Hananja Akademie is one of the popular School located in Hananja Akademie ,Loerie listed under School in Loerie ,

Contact Details & Working Hours

More about Hananja Akademie

Hananja: Die akademiese keuse vir jou kind

Denkende ouers het in die 1990’s verwikkelings op onderwysgebied met toenemende kommer dopgehou. Hierdie was ‘n tyd van “hervorming” op alle gebiede. Niks is ontsien nie en dit was vir die wat wou kyk en luister duidelik dat onderwys onherroeplik aan die verander was. Vir diegene wat opvoeding as ‘n doopbelofte beskou het, was dit tyd om ernstig te besin oor die opvoeding van hul kinders. Ook hier in Loerie/Thornhill area was daar bekommerde ouers wat nie kans gesien het vir wat aan die kom was nie.
Die saak is bespreek en daar het veral drie beginsels wat onder druk was, uitgekristalliseer. In die eerste plek was daar ernstige kommer oor die plek van die Christelike godsdiens in die beplande nuwe bedeling. Ek onthou goed hoe selfs predikante ons as onnodig neuroties beskou het. Selfs vandag nog is daar ouers en andere wat volhou dat daar niks in hierdie verband in die staatskole skort nie. Wat is die toedrag van sake egter? Weet ouers waaraan hulle kinders blootgestel word, of word daar maar gerieflik anderpad gekyk? Godsdiensvermenging is aan die orde van die dag en die Christelike godsdiens is nie meer die enigste en ware geloof wat aan kinders oorgedra word nie.
Die tweede aspek waaroor kommer bestaan het, is taal en kultuur. In ‘n multi-kulturele bedeling kan ‘n mens mos nie verwag dat daar voorkeur gegee moet word aan ‘n spesifieke kultuur nie. Die geskiedenis moes herskryf word en tradisies en gebruike moes verander word. Ons kan vandag terugkyk en sien wie die toekoms reg gelees het. Daar is nie sprake van daadwerklike bevordering van die Afrikaner se kultuur nie.
Die laaste aspek wat onder die vergrootglas was, is akademiese standaarde. Weereens was daar mense wat nie wou hoor en sien toe daar gepoog is om die gevare van die nuwe bedeling te verduidelik nie. Alles sou maanskyn en rose wees. Vandag kan ons terugkyk na die fiasko van uitkomsgebaseerde onderwys en standaarde wat so gedaal het dat selfs die regering praat van ‘n ongeletterde generasie. Uitkomsgebaseerde onderwys is by die agterdeur uit, maar die gevolge daarvan sal nog lank by ons wees.
Die geskiedenis het ons reg bewys, maar steeds is die meerderheid van ons volksgenote in die staatsbestel. Ons is baie dankbaar vir die alternatief van Christelike volkseie onderwys wat by Hananja Akademie en ander CVO skole aangebied word.
-Prof P van Niekerk
Stigter

Map of Hananja Akademie