Groeneweide

Fontein Street, Darling, 7345 ,South Africa
Groeneweide Groeneweide is one of the popular Community Organization located in Fontein Street ,Darling listed under Community Organization in Darling ,

Contact Details & Working Hours

More about Groeneweide

Huis Groeneweide het op 3 November 1973 die deure geopen as ʼn Tehuis waar afgetrede persone bo 55 jaar bekostigbare huisvesting kon kry.

Na 42 jaar diens is die Tehuis se geboue nog in ʼn relatiewe goeie toestand danksy gereelde en toegeweide instandhouding. Ook kon daarin geslaag word om uitbreidings te maak soos bv. die aanbouiing van drie noodkamers wat 'n groot behoefte was in die omgewing.

Die diens wat aan bejaardes oor die jare gelewer is, het die toets van die tyd deurstaan en tans is Groeneweide steeds ‘n rusplek van keuse vir baie inwoners en persone van die Weskus en hul families.

Dit is dus met trots dat ons kan bevestig dat ons inwoners, wat oor die veertig jaar van ons bestaan geleidelik n veel hoër gemiddelde ouderdom bereik het, steeds met deernis versorg word. Ons huisves tans 62 bejaardes met ‘n gemiddelde ouderdom van 86 jaar en uiteraard verg hul versorging toegewyde personeel met spesiale vaardighede, baie liefde en geduld. Behalwe die algemene kwale wat met bejaardheid gepaard gaan neem dimensie ook tans geweldig toe onder ons ouerwordende inwoners.
Sonder twyfel verkies ons almal seker om vir so lank as moontlik onafhanklik te woon en leef maar ou vader tyd neem sy eie besluite en dis nie vir almal beskore nie. Dit is dan wanneer die dienswaarde van ʼn Groeneweide besef word as vereiste vir die volgehoue welstand van ons bejaardes, iets wat baie werkende naasbestaandes, genoodsaak deur hoë inflasie en ander noodsaaklikhede nie kan bybring op hul eie nie.

Ons beskou ons losiesgelde as uiters kompeterend met soortgelyke inrigtings, gegewe die gehalte diens en verblyf, iets wat ons slegs kan vermag deur middel van toegeweide fondsinsamelings-aktiwiteite asook die ruim goedgesindheid van ons gemeenskap wie se gereelde en getroue donasies n ware riem onder die hart is. Dit dra 'n boodskap uit van waardering vir die gemoedsrus wat die tehuis om die beurt aan die gemeenskap bied.
Ons glo dat ons net so goed kan wees as ons span en daarom kom spesiale lof toe aan ons bestuurder en haar personeel, bygestaan deur die Beheerraad.

‘n Tehuis soos Groeneweide bied uitkoms vir menige families en as sulks is dit ‘n aanwins vir die gemeenskap en naasbestaandes, almal betrokkenes wie daarby baat en wie se ondersteuning dit regverdig. Voorwaar 'n boodskap wat met trots na buite uitgedra kan word.

Map of Groeneweide