Gereformeerde Kerk Krokodilrivier

Brits, 0250 ,South Africa
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier Gereformeerde Kerk Krokodilrivier is one of the popular Religious Organization located in ,Brits listed under Church/religious organization in Brits , Religious Organization in Brits ,

Contact Details & Working Hours

More about Gereformeerde Kerk Krokodilrivier

Ons gemeente het die wonderlike voorreg om hier op die plaas (12 km noord van Brits) op die walle van die Krokodilrivier geleë te wees. Die gemeente strek vanaf Brits tot anderkant Beestekraal. Daar word elke Sondag by sowel Soutpansdrift as Beestekraal eredienste gehou. Ons streef daarna om hier in ons omgewing die Here se lig en sy liefde prakties sigbaar maak. Daarom stel ons die volgende as ons roeping:
OM MEKAAR IN CHRISTUS SO OP TE BOU DAT ONS SOUT EN LIG KAN WEES.
Ons glo dat die Here ons geroep het om die gereformeerde leer op so 'n manier te ondersoek en uit te leef dat ons, na binne en na buite, 'n verskil in mense se lewens kan maak. Ons stel onsself in ons Koning se diens en doen dit gedurig onder die kragtige leiding van die Heilige Gees. Om saam ons roeping uit te leef, bedien ons mekaar in wyke wat sommige as tradisionele wyke en ander as kleingroepe funksioneer. Ons het 'n sterk evangelisasie gerigtheid en daarom kan lidmate die opdrag van ons Here Jesus, om dissipels te maak, gehoorsaam. Lidmate kan op grond van hulle onderskeie gawes by verskillende diensgroepe inskakel wat in die gemeente en gemeenskap met uitreik-aksies besig is. Die jeug is die toekoms en daarom doen ons veral moeite om ons jongmense op 'n besondere wyse te bedien. Van kleuters tot naskoolse jeug word spesiaal bedien om in die geloof te kan groei en self diensbaar te word. Ons bejaardes is ook vir ons spesiaal en daarom is ons besig met die beplanning en oprigting van 'n aftree-oord op die kerkeiendom.

Map of Gereformeerde Kerk Krokodilrivier