Ons is 'n Gereformeerde Kerk; deel van die GKSA. Ons glo dat ons hier in die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet, vergader, beskerm en onderhou word deur God self.
Ons onderskryf die Drie Formuliere van Eenheid: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.
Jesus Christus roep ons deur Sy Gees en Woord om as 'n eenheid Hom, ons mede-gelowiges en die gemeenskap te dien met die gawes wat Hy gee.
Ons doen dit met oorgawe en blydskap, met die oog gerig op die dag wat ons weer ons Heiland sal sien, net soos Hy opgevaar het, as Hy weer kom!