Gameways Wildplaasbestuur Kursus

Steenbokpan,
Gameways Wildplaasbestuur Kursus Gameways Wildplaasbestuur Kursus is one of the popular Farm located in ,Steenbokpan listed under Education in Steenbokpan ,

Contact Details & Working Hours

More about Gameways Wildplaasbestuur Kursus

Baie dankie vir die belangstelling in Gameways se wildplaasbestuur kursus.

Gereed vir die beste leer ervaring en avontuur van jou lewe. Dan is jy by die regte plek. Gameways Wildplaasbestuur Kursus is die plek waar teoreties en praktiese ervaring opgedoen kan word. Ons kursus sal jou sodoende die geleentheid bied waartydens jy jou volle potensiaal kan bereik en jou passie vir die natuur kan uitleef.

Gameways se Wildplaasbestuur kursus waarborg om jou uitkyk oor die natuur vir altyd te verander.

Die wilds bedryf in Suid-Afrika bied baie opwindende moontlikhede vir persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. 25 persent van Suid-Afrika se grond oppervlakte bestaan uit wildsplase. Elkeen van daardie plase benodig hardwerkende, passievolle wildplaasbestuurders met die nodige kennis.

Hierdie kursus waarborg die nodige praktiese en teoretiese kennis oor die mees algemeenste aspekte van wildplaasbestuur.
Geen spesiale vakke of natuur kennis word benodig om in te skryf vir ons wildplaasbestuur kursus.

Die volgende Gameways kursus datum:

Wildplaabestuur Kursus: 6de Januarie - 27de Januarie 2018

Die volgende kursus word aangebied op GameWays se plaas naby Steenbokpan in Limpopo

Kursus fooie vir 2018 beloop R 18 750
Die kursus sal aangebied word in Afrikaans.
Ons kan slegs 18 Studente akkommodeer.
Die eerste 18 Studente wat ‘’n 50% deposito betaal aan Gameways, se plekke sal gereserveer wees. Die balans is betaalbaar op aanvangs datum.

Kursus fooi vir die Wildplaas Bestuur Kursus sluit die volgende in:
• 2x Gameways knoop hemde en ’n Gameways hoed.
• Gameways koeldrank / koffie fles.
• Gameways studie materiaal
• Verblyf en 3 x etes per dag.
• Wasgoed 1 x per week (nie stryk).
• Geweer skiet en ammunisie, Boog Skiet ens.
• Ons skiet ook ‘n rooibok ram vir studie doeleindes (‘n student wat nog nie gejag het nie sal geleentheid gebied word om rooibok te jag).
• Alle uitstappies en so ook spesiale aanbiedings deur kenners in die bedryf.

Met die suksesvolle voltooiing van die kursus word daar ’n Gameways sertifikaat uitgeruik. Gameways help graag geskikte student om in die bedryf werk te kry deur aanbevelings te maak. Gameways word gereeld genader deur boere wat geskikte wildplaasbestuurder benodig.



Map of Gameways Wildplaasbestuur Kursus