Baie welkom by jóú Afrikaanse organisasie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is 'n toekomsgerigte kultuurtuiste wat die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis met trots bevorder.