Die Kasteel Seunskoshuis

Bergstraat 4, Piketberg, 7320 ,South Africa
Die Kasteel Seunskoshuis Die Kasteel Seunskoshuis is one of the popular School located in Bergstraat 4 ,Piketberg listed under School in Piketberg ,

Contact Details & Working Hours

More about Die Kasteel Seunskoshuis

Die woord Kasteel is van Latyn, “Castellum” wat vertaal kan word met vesting.

Inderdaad! ‘n Tuiste vir ons seuns sedert 1958.

Vir ‘n seun is dit nie altyd maklik om weg van sy ma te wees nie, daarom maak ons seker, hier by Die Kasteel leef ons soos een groot groot familie. Ons maak seker dat die “nuwe” seun gou inskakel en welkom voel. Ons maak seker dat dissipline gehandhaaf word, deur Die Kasteel se waardestelsel na te kom wat respek, selfdissipline en lojaliteit insluit.

Daar is ook pret oomblikke soos die pa-en-seun-braai, swem op n warm somersaand en nog meer word beplan, soos n koshuis dans vir seuns.

Die kombuis, onder leiding van tannie Urica maak heerlike gekookte kos, soos net n ma kan. Sy word nie verniet die moederhen genoem nie. Ons gedugte spannetjie, Rene Smit, Rennae Williams en Ann Saunders, wat saamwerk om kamers en badkamers in n netjiese en higeniese toestand te hou.

Ons algemene werker, ons voorman, Arrie Kupido wat sorg dat als in werkende toestand is en sy hand op die voortuin hou.

Ons tannie Chrisna in die “kortgang” wat die kamers so ingerig het, dat die kleinspan hulle eie studie, tv- en leefhoekie het. Hulle eie klein wêreldjie waarin hulle veilig en geliefd voel.

Tans het ons 52 seuns, en 3 diensdoenende-personeel, Bernard Pieterse, Heino Warnich en Wian Koch.

Superintendent:
Chris van der Merwe
022 913 1300 / 084 510 4737

Matrones:
Urica Lambrechts
022 913 1300 / 071 648 7006

Chrisna Baard
022 913 1300 / 083 998 3238

Map of Die Kasteel Seunskoshuis