Die Eiland Pub & Grill

C/o Zambezi (Sefako Makgatho) & Old Moloto Rd (Moepel), (25 40’59.70S 28 17’06.55E) Derdepoort, Pretoria, 0159
Die Eiland Pub & Grill Die Eiland Pub & Grill is one of the popular Pub located in C/o Zambezi (Sefako Makgatho) & Old Moloto Rd (Moepel), (25 40’59.70S 28 17’06.55E) Derdepoort ,Pretoria listed under Bar in Pretoria , Bar & Grill in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

More about Die Eiland Pub & Grill

DESCRIPTION
A Pub & Restaurant situated in a luscious garden surrounding. Also available as a venue for functions.
Situated at t C/o Zambezi (Sefako Makgatho) & Old Moloto Rd (Moepel), (25 40’59.70S 28 17’06.55) Plot 301 Derdepoort, Pretoria
Op die hoek van Zambesirylaan en die ou Moloto-pad is `n kroeg en restaurant soos geen ander nie. `n Ware oase, `n eiland - DIE EILAND.
Die Eiland is 'n buitelugkroeg en restaurant omring met pragtuine, groot grasperke, visdamme en 'n waterval. Hier kan jy gesellig kuier in die skadu van die talle bome onder die netjiese grasdaklapa. Kom die aand en die koue, skuif gaste bloot nader aan die gesellige kaggelvuur en kuier verder.
Daar is ook hope vermaak by die kuierplek. DSTV beteken dat rugbygeesdriftiges geen wedstryd hoef mis te loop nie, hulle kan dit saam met vriende by Die Eiland kom kyk. Kinders is ook welkom by Die Eiland. Daar is genoeg speelplek vir die jongspan op die grasperk in die tuin.
Maar wat is 'n kuierplek sonder lekker kos? Die Eiland het daaglikse spesiale aanbiedinge. 'n Volledige spyskaart is ook beskikbaar. Braaigeriewe is beskikbaar vir die wat liewers 'n vleisie op die kole wil gooi, en indien die vleis dalk by die huis agter gebly het, verkoop Henri en Anneli Steynberg (eienaars) vleispakkies.
Verwyl die Sondagmiddae vanaf 15h00 uur met optredes deur verskeie kunstenaars.
Hou ons advertensie dop vir ons spesiale dae soos: Skaapkop, Afval, Eisbein, Spitbraai, Duitsedag (Gerookte vark op spit, sauercraut)

Map of Die Eiland Pub & Grill