Destinatus verskaf aan pre-primêre en primêre leerders onderrig binne ‘n omgewing met ‘n sterk Christelike etos. Ons volg die Nasionale Kurrikulum en standaarde, en streef daarna om gehalte onderrig te verseker. Ons wil jongmense uitstuur wat toegerus is om God se roeping op hul lewens uit te leef.