Deo Prisma

Marjoram Ave 216, Sinoville, 0129
Deo Prisma Deo Prisma is one of the popular Religious Organization located in Marjoram Ave 216 ,Sinoville listed under Religious Organization in Sinoville , Religious Center in Sinoville ,

Contact Details & Working Hours

More about Deo Prisma

Deo Prisma is ‘n familie gemeente waar mense bymekaar kom op ‘n informele, eietydse en moderne manier waar ons verander word om in pas te lewe met Jesus Christus en Hom dan so aan die wêreld uit te straal.

Deo Prisma is die moderne metafoor wat die visie, missie en fokus van die gemeente vervat in die frase “In Sy lig, geslyp om te skyn“. Ons weet dat wanneer ‘n helder lig deur ‘n prisma geskyn word reflekteer dit die kleure van die reënboog. Ons droom dat ons gemeente en sy mense die proses sal simboliseer en so Jesus Christus aan die wêreld sal wys.

Ons wil in God se lig lewe en bestaan. Ons wil toelaat dat Sy lig nie alleen op ons skyn nie, maar ook deur ons sal skyn sodat Sy lig aan ‘n donker wêreld vertoon kan word. Die prisma word op ‘n sekere manier geslyp sodat kleure reg vertoon kan word. So word gelowiges ook deur Christus geslyp of getransformeer om Jesus Christus te reflekteer.

Hierdie boodskap word in 2 Korintiërs 3: 18 aan ons verduidelik:

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat Gees is.

Matthew 5:15 (Msg)
Here is another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colours in the world. God is not a secret to be kept.

Map of Deo Prisma