Connect Nasionale Tienerkamp

Brandstraat 12, Brandfort, 9400 ,South Africa
Connect Nasionale Tienerkamp Connect Nasionale Tienerkamp is one of the popular Religious Organization located in Brandstraat 12 ,Brandfort listed under Church/religious organization in Brandfort , Camp in Brandfort ,

Contact Details & Working Hours

More about Connect Nasionale Tienerkamp

Hoekom wil jy kom kamp?
Want jy gaan ander tieners wat net so “awesome” soos jy is ontmoet en vir vyf dae saam met hulle aan allerhande lekker goed deelneem. Jy gaan aktief wees (maar nie spiere skeer aktief nie!), jy gaan kreatief wees (sonder om jou brein uit te brand) en jy gaan rustig wees (al gaan jy min slaap) en jy gaan saam met ander kinders van God ʼn onmoeting met Hom hê. God het ʼn afspraak met jou by die #Connect kamp. Jy gaan met jouself, ander gelowiges en veral met God kom #Connect.
Jy gaan nie heeldag na lesings sit en luister nie! In die oggend gaan ons tyd gee vir stiltetyd en ons gaan ook in groepe Bybelstudie doen. Bring dus jou Bybel saam en ook ʼn skryfding of drie! Jy gaan die res van die dag met allerhande ander aktiwiteite besig wees maar sal af en toe ʼn blaaskans kry om net te “chill” en te kuier. Saans gaan ons lekker lank praise & worship en dan gaan ons na Oom Wollie luister wat met ons gaan praat. Sy tema is vanjaar “Oscars” – soos in die wat hulle vir flieks toeken (nie die een in die tjoekie nie!!!). Ons beplan ook vir die aande ʼn paar ander verassings vir julle.
Die kamp word gehou by die Mooigenoeg kampterrein net buite Bloemfontein. Jy gaan gemaklik kan slaap (as jy jou beddegoed onthou!) in slaapsale met “dubble-decker” beddens. Die kamers het kragproppe sodat jy jou selfoon kan laai en jou hare kan droog maak. Die kampterrein het twee “volleyball” bane en ʼn swembad. Ons gaan deelneem aan spansport so bring gemaklike klere en swemklere saam!!! Ons gaan ook aksie-krieket speel en daar sal ʼn rugby en sokkerbal ook wees ingeval julle op die grasperke wil jol tussen aktiwiteite.

Map of Connect Nasionale Tienerkamp