Ons leuse sê dat elkeen welkom is by ons. Kleredag, voorkoms, oriëntasie of geld tel nie vir ons nie. Ons veroordeel niemand nie, maar skep net geleentheid om saam met ons die Here te dien. Jou persoonlike verhouding met Jesus is die hoogste prioriteit.
Jy moet tuis wees by ons. Wees op jou gemak en aanbid die Here op die wyse wat vir jou gemaklik is.
Ons glo in die God-Drie-Enig (Vader, Seun en Heilige Gees). Ons bely dat Jesus die enigste Verlosser is.
Kom aanbid God saam met ons. Sy woord is vir ons belangrik en dit is wonderlik om mekaar voor God te ontmoet en om saam Hom te eer.
VOEL WELKOM BY CHRISTENSENTRUM!