Centurion Boogskiet Klub

Cnr Lyttelton Road and Adam Tas(River view) Road, Centurion, 0014 ,South Africa
Centurion Boogskiet Klub Centurion Boogskiet Klub is one of the popular Archery Range located in Cnr Lyttelton Road and Adam Tas(River view) Road ,Centurion listed under Sports/recreation/activities in Centurion , Archery in Centurion ,

Contact Details & Working Hours

More about Centurion Boogskiet Klub

Boogskiet is ‘n wonderlike buitemuurse aktiwiteit vir kinders en volwassenes. Dit akkommodeer albei geslagte en sluit selfs kinders met leerprobleme en fisieke ongeskiktheid in. Dit het basiese en gevestigde veiligheidsreëls en die toerusting is gestandardiseer en maklik om te gebruik. Ouers word aangespoor om deel te neem en kan hulself kwalifiseer as verskillende tipes instrukteurs. Dit is ‘n sport wat tuis beoefen kan word (onder ouer toesig) en waarin enige kind kan streef om op provinsiale, nasionale en internasionale vlakke te presteer.

NASP (National Archery in the Schools Program) word reeds vanaf 2008 in Suid-Afrika aangebied en vanaf 2002 in Amerika. Die Nasionale span het in 2015 teen onder meer Amerika, Kanada, Zimbabwe, Namibia, Engeland… deelgeneem en ‘n Tweede plek behaal.
Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, NoordWes, Mpumalanga en Gauteng het reeds verskeie skuts wat in skool verband teen mekaar deelneem.
Gauteng, alleen, het verlede jaar 424 geaffilieerde skuts uit 20 verskillende skole gehad wat aan kompetisies in Gauteng deelgeneem het. Gedurende die jaar is daar verskeie Interskole en 3D Boogskiet kompetisies wat deur die verskillende skole aangebied word. Daar is ook ‘n Provinsiale kompetisie en Nasionale kompetisie elke jaar. Gedurende hierdie kompetisies maak die skuts punte bymekaar om in aanmerking te kom vir die Nasionale en Internasionale span.
Centurion Boogskiet Klub (CBK) is die verteenwoordiger van NASP van sommige skole in Centurion. Leerlinge of skuts kan deelneem vir hulle skool in ‘n skoolspan of as individu. Deelnemende skole (Laerskool Bakenkop en Hoërskool Zwartkop) gee reeds vir leerlinge meriete erkenning vir oefeninge bygewoon en prestasie behaal. Ons sou graag die leerling wat reeds deelneem uit ander skole dieselfde geleentheid wou bied. Ons het leerlinge uit Hoërskool Eldoraigne, Rooihuiskraal en Wierdapark Laerskole en ook leerlinge wat tuisonderrig ontvang, wat tans lede is van die klub.
CBK verskaf al die toerusting (Boë en pyle, ens.) aan die skuts. Geen toerusting word benodig om te begin nie. Indien die skut verder wil vorder, gaan hy/sy bykomend tuis moet oefen en dan kan toerusting deur CBK, vir kompeterende pryse, aangekoop word. CBK bied weekliks verskillende lesse aan vir al die verskillende skole en hanteer ook al hulle lede se inskrywings na kompetisies, inskryfgelde en affiliasie gelde. ‘n Maandelikse fooi is betaalbaar aan CBK vir die onderhoud van die boë, pyle, teikens en terrein. Alle lesse word deur opgeleide/gekeurde inskrukteurs hanteer volgens streng veiligheidsreëls wat NASP onderskryf.
Gedurende die twee jaar wat CBK reeds betrokke by boogskiet sien ons leerlinge emosioneel groei, selfstandig word en dat die woelige kind baat vind by die gestruktureerdheid van die sport.
Ons hart by CBK is om skuts van Jesus se liefde te leer, sodat hulle elkeen ‘n Centurion van God kan word. Ons is ‘n bediening vir Christus waar kinders geleentheid gebied word om ‘n talent te ontwikkel.

Kontak ons gerus:
Emsie Swanepoel / 083 283 7627 of Christelle Aucamp 079 215 4896

Map of Centurion Boogskiet Klub