Blommetjieland Kleuterskool en Na-Skool is oop vir alle kinders van die ouderdom 3 maande en ouer. Daar is gekwalifiseerde personeel wat na u kinders sal omsien sodat mamma en pappa met 'n geruste hart kan werk toe gaan. Ons is oop vanaf 6 uur soggens tot 6 uur saans. Voldag kinders sal 4 etes per dag ontvang (ontbyt, versnappering, middag-ete, versnappering). Na-skool leerders sal middag-ete asook 'n laat-middag versnappering kan geniet. Kinders by Blommetjieland gaan speel-speel leer en net weer geniet om kind te wees. Personeel se prioriteit sal altyd u kind se veiligheid en geluk wees.