Atlas Kunsmis & Kalkor Agent

Vlaklaas219, Tarlton, 1739
Atlas Kunsmis & Kalkor Agent Atlas Kunsmis & Kalkor Agent is one of the popular Agricultural Service located in Vlaklaas219 ,Tarlton listed under Agricultural Service in Tarlton ,

Contact Details & Working Hours

More about Atlas Kunsmis & Kalkor Agent

ATLAS ORGANIESE MISSTOWWE (EDMS) BEPERK het sy ontstaan te danke aan die geloof in die waarde van organiese bemesting. Atlas is in Maart 1966 gestig
Opgeleide veldpersoneel is toegerus om agronomiese- en verkoopdiens te lewer op ‘n groot verskeidenheid gewasse wat onder droëland sowel as onder besproeiing geproduseer word in die Republiek van Suid Afrika en aangrensende State.
Op die lang pad wat Atlas geloop het sedert 1966, het hy daarin geslaag om die tegno-ekonomiese voortreflikhede van ‘n organiese bemestingsbenadering d.m.v. statistiese navorsingswerk te bewys.
Die navorsingsresultate wat ekonomies verwerk is, het ook bewys dat die produsent hoër netto inkomste kan genereer, deur die alternatiewe aanwending van verrykte organiese produkte.
Verrykte Organiese Produkte
Atlas misstowwe bevat as organiese basis verouderde hoendermis, wat met hoëgraad anorganiese grondstowwe verryk word, ten einde ‘n verskeidenheid van produkte met verskillende voedingstofverhoudings daar te stel.
Benewens die voldoening aan die vereiste NPK (stikstof, fosfaat, kalium) behoefte van ‘n betrokke gewas, word alle ander makro- en mikro-elemente tot ‘n minder of meerdere mate beskikbaar gestel. Hierdie meer volledige plantvoedingspyskaart lei tot ‘n verlaagde risiko ten opsigte van die uitputting van voedingstofreserwes in die grond. “Die sterkte van die voedingsketting word tog immers bepaal deur die swakste skakel”.
Fisiese voordele wat organiese misstowwe in grond bewerkstellig, is verhoging van: voedingstof retensie, katioon-absorpsie-vermoë, voghouvermoë, deurlugting, gasuitruiling en aggregaatvorming wat lei tot geringe struktuurverbetering.
Tydens die ontbinding en afbreek van die organiese komponent, word ook verskeie neweprodukte gevorm, waarvan koolstof (C) verwante produkte die belangrikste is.
Die gesogte 5% organies wat benodig word vir optimum mikrobiologiese aktiwiteite in grond is vanweë die klimaat in Suid Afrika nie haalbaar in bewerkte gronde nie. Vandaar Atlas se benadering om deur middel van gereelde klein toedienings, mikrobiologiese aktiwiteite in grond voortdurend te stimuleer.
Hierdie biologiese voordeel lei onder andere, tot verlaagde stikstofloging en -fosfaat-vaslegging. Dit word verklaar deur die grondmikrobes wat stikstof as bron van energie aanwend, by afsterwe weer aan die plant beskikbaar stel en meebring dat N wat in organiese verband toegedien word, eerder in ‘n biologiese kringloop beland, as dat dit in eenrigting mineraliseer en uitloog. Die verlaagde fosfaatvaslegging hierteenoor is te danke aan die werking van verskeie organiese sure wat tydens die ontbindingsproses vorm, op hul beurt kelate vorm met verskeie katione, wat andersins sou lei tot vaslegging van vars toegediende fosfaat.
Hierdie gekelateerde voedingselemente bly tot die plant se beskikking oor ‘n wyer pH spektrum, as wat die geval sou wees in afwesigheid van organiese produkte.
Genoemde organiese sure speel ook ‘n belangrike rol in die transportering van voedingstowwe tussen die grondoplossing en plantwortels.
Origens is gevind dat die gebruik van organiese misstowwe lei tot die onderdrukking van nadelige patogene en aalwurms in die grond.
Die mate waartoe die voorafgenoemde voordele verkry sal word, sal beïnvloed word deur die kwaliteit, en die koolstof tot stikstof verhouding (C: N verhouding) van die organiese basis in die verrykte organiese en suiwer organiese produkte.
Navorsing
Bevestiging van die voorafgaande is verkry d.m.v. verskeie narvorsingsdata sedert 1990.
Toediening
Vanweë die eiesoortige eienskappe van Atlas produkte, kan toedieningstegnieke aangepas word by die besondere praktyke op ‘n spesifieke plaas.
Samevattend
Daar bestaan besondere meriete vir die aanwending van verrykte organiese misstowwe in Suid Afrika, a.g.v.: die klimaat, die meer volledige voedingspyskaart, die aanvulling van ons lae koolstofvlakke in die grond en genoemde indirekte agronomiese voordele, wat eventueel lei tot hoër winste.
Atlas verteenwoordigers en landboukundiges is beskikbaar om produsente te ondersteun in ondersoeke, aanbevelings, produkkeuses en toedieningsmetodes, sodat maksimum tegno-ekonomiese voordele verkry kan word.

Map of Atlas Kunsmis & Kalkor Agent