Aitsa Handgemaak

Collegeweg 26A, Caledon, 7230 ,South Africa
Aitsa Handgemaak Aitsa Handgemaak is one of the popular Shopping & Retail located in Collegeweg 26A ,Caledon listed under Shopping/retail in Caledon , Shopping & Retail in Caledon ,

Contact Details & Working Hours

More about Aitsa Handgemaak

In 2012 ontdek ek die wonderlikste, unieke, eg Suid-Afrikaanse materiaal met woorde en frases soos "Afrikaners is plesierig", "moerkoffie" en " n boer maak 'n plan" daarop gedruk.
Dadelik bring die woorde allerhande kleintyd herinneringe terug en raak ek verlief op hierdie lap. Vir myself koop ek onmiddellik 'n stukkie en maak 'n paar kussings vir die sitkamer, maar intussentyd werk my kop oor tyd aan idees wat mens nog alles kan maak.
Almal se eerste reaksie as hul my kussings sien is " Aitsa! Kyk net hoe oulik. Ek wil ook sulke kussings he." en saam met al die ander goebruike wat ek intussen uitgedink het, is dit die geboorte van Aitsa! en 'n hele nuwe besigheid. Vandag het Aitsa! al meer as 20 verskillende items in die reeks soos die immergewilde strooikussings, voorskote, koelsakke, plekmatjies, tafellopers en vele meer.

Vir n volledige brosjure, spesiale versoeke en bestellings kontak my by telefoonnommer +27 28 2121241 of per e-pos by aitsahandgemaak@gmail.com

Map of Aitsa Handgemaak