AGS Grabouw AFM

Cnr Sam & Fell Street, Grabouw, 7160 ,South Africa
AGS Grabouw AFM AGS Grabouw AFM is one of the popular Religious Organization located in Cnr Sam & Fell Street ,Grabouw listed under Church/religious organization in Grabouw , Religious Organization in Grabouw ,

Contact Details & Working Hours

More about AGS Grabouw AFM


Dienstye / Service Times:
Dins">Vanjaar bestaan die gemeente 63jaar nadat die gemeente in 1950 geplant was deur die destydse skakelbeamptes van die AGS SA, Br & Sr van Niekerk. Hulle was vir 10jaar aan leiding van die gemeente, lank voordat die kerk opgerig was. Die gemeente het op die plaas bymekaar gekom, en hierdie periode was gekenmerk deur ‘n kragtige werking van die Heilige Gees. Die prediking van die evangelie het bygeval gevind in die harte van die mense, en hulle harte was geopen vir die evangelie en mense het tot bekering gekom en vandaar het die gemeente gegroei en toegeneem.

Na 10jaar was Br en Sr van Niekerk opgevolg deur Br & Sr Bruwêr, waarna die gemeente verskuif het na Applethwaite Farm. Br & Sr Bruwer is opgevolg deur Br & Sr van Biljon, wat met die gemeente verder gegaan het en in die tyd het die gemeente verskuif na Beauli Farm. Gedurende die tyd was die gemeente ook bedien deur twee (2) Duitse Sendelinge, Pastore Ventland en Wozechi, wat ook kragtig deur die Here gebruik was.

Br & Sr van Biljon is opgevolg deur Wyle Pastoor Smit en Sr Smit, wat toe leier ouderling was. Kerkgrond was bekom hier in Pineview en die eerste sooi is hier gegrawe op Dinsdag 04 Februarie 1965. Die kerk was amptelik toegewy op Sondag 28 Mei 1967, deur Pastoor JP Lubbe, destydse distriksvoorsitter van die AGS.

Gedurende hierdie tyd het die gemeente ook die pastorie gebou en ‘n lening was bekom destyds van die United Building Society, van R4000 om die pastorie bouprojek te befonds en die gemeente moes R35 per maand terugbetaal.

Nadat die dak van die pastorie op was, het die gemeente die eerste pastoor beroep, byname Wyle Pastoor & Sr Collins ook in 1967. Pastoor Collins het in die gemeente begin met ‘n traktement van R17 per maand. Pastoor Collins was opgevolg deur die volgende pastore: Hennie Rezant, Woodman, Josh de Beer, James Biehl, Frank Wrench, Gert Albertyn, Thomas Pasjar. Die huidige pastoor van die gemeente is Pastoor Elries Fortuin.

Op 01 Januarie 2012 het die gemeente ‘n uitbreidings projek begin om die bestaande kerkgebou te vergroot om die groei van die gemeente te akkommodeer. Die kerkgebou is vergroot vanaf ‘n 200 sitplek na ‘n 500 sitplek en die nuwe aanbouing was op 01 Desember 2012 amptelik deur die AGS Weskaap Streekvoorsitter en Algemene Tesourier van die AGS SA Pastoor Barend Petersen toegewy.

Map of AGS Grabouw AFM