AfriSake

cnr of DF Malan and Union Ave, Centurion,
AfriSake AfriSake is one of the popular Nonprofit Organization located in cnr of DF Malan and Union Ave ,Centurion listed under Non-profit organization in Centurion ,

Contact Details & Working Hours

More about AfriSake

AfriSake is ʼn niewinsgewende sakeregtewaghond wat in 2011 deur senior sakelui tot stand gebring is. Dié organisasie is gestig om die Afrikaanse gemeenskap in die sakewêreld op te roep tot deelname aan die openbare
debat en om as spreekbuis vir die Afrikaanse sakegemeenskap op te tree.

In Suid-Afrika is die Afrikaanse sakegemeenskap blootgestel aan ʼn reeks uiteenlopende politieke, sosiale en ekonomiese beleidsrigtings. Die situasie beteken egter nie dat sakelui uitgelewer is aan die genade van beleidmakers nie. Welslae vanuit die georganiseerde burgerlike samelewing wys daarop dat georganiseerde gemeenskappe ʼn aktiewe en veranderende rol in die land kan en moet speel. AfriSake is uniek geposisioneer om ʼn toonaangewende rolspeler te word in die georganiseerde sakegemeenskap en breër burgery.

Afrikaanssprekendes tree toenemend tot die arbeidsmark as entrepreneurs, finansiers en werkskeppers. Daar is
dus ʼn regstreekse verband tussen die ekonomiese sukses van die Afrikaanse gemeenskap en die ekonomiese
welvaart van Suid-Afrika. ʼn Suksesvolle sakeomgewing benodig ʼn bestendige, regverdige en voorspelbare omgewing. AfriSake het ten doel om sakelui
positief te mobiliseer ten einde ʼn gesonde sakeomgewing te verseker.

Map of AfriSake