Afrikaanse Protestantse Kerk

Makou straat 516, Monument Park, 0105 ,South Africa
Afrikaanse Protestantse Kerk Afrikaanse Protestantse Kerk is one of the popular Religious Organization located in Makou straat 516 ,Monument Park listed under Church/religious organization in Monument Park ,

Contact Details & Working Hours

More about Afrikaanse Protestantse Kerk

Wie is die AP kerkverband?

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;
Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;
in 'n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy Woord onverskrokke verkondig moet word;
hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;
hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete: Die Woord alleen (Sola Scriptura), Christus alleen (Solus Christus), genade alleen ( Sola Fide);
die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is: Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis; die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius. Gereformeerde Belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls;
dus in die tradisie van die Hervorming staan;
elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het.

Die diepgewortelde verwysingsraamwerk aan die hand waarvan die lewe vandag verstaan en ingerig word, is die humanisme. Die AP kerkverband het sedert sy ontstaan hierteen standpunt ingeneem terwyl vele hoofstroom kerke al meer toegeeflik teenoor die humanisme geraak het. Sodoende het kerke meegewerk aan die proses van die sekularisering van die samelewing. In ons dag word die waarheid gerelativeer as sou dit bloot die tydgebonde gesigspunte van bepaalde groepe en individue verteenwoordig, met die hoop en verwagting dat die vermenging van standpunte en kultuureiendomlikes tot ‘n nuwe oorkoepelende eenheid sal groei. Hierop wil die AP kerkverband ‘n antwoord bied, deur vanuit die waarheid van die Woord, kerke te wees wat dinamies hulle roeping vervul.

Hierdie kerkverband het sy bakermat te midde van die Afrikaner as kultuurgroep. Hierdie kerkverband vind sy organisatoriese bedding hier omdat hy glo dat 'n kerk sy taak op sy effektiefste volvoer deur inheems te wees. Juis so mag die suurdeegeffek van die evangelie deurdring na alle lae van die kultuur. Dit bring mee dat die heiliging van die hele lewe in die gesigsveld kom en nie beperk bly tot die innerlike lewe van die individu nie. Dit beteken nie dat die AP kerke net binne hul eie kultuur wil werksaam wees nie. Ons wil gehoorsaam wees aan die groot opdrag van ons Here Jesus wat sy kerk beveel het om al die volke sy dissipels te maak; daarom is ons getuienistaak lewens- en wêreldomvattend.

Map of Afrikaanse Protestantse Kerk