Yummy Mummy Grill & Fry

Cnr Hellen Joseph & Jan Smuts rd, Secunda, 2302 ,South Africa
Yummy Mummy Grill & Fry Yummy Mummy Grill & Fry is one of the popular Fast Food Restaurant located in Cnr Hellen Joseph & Jan Smuts rd ,Secunda listed under Restaurant/cafe in Secunda , Fast Food Restaurant in Secunda ,

Contact Details & Working Hours

More about Yummy Mummy Grill & Fry

Yummy Mummy Grill & Fry is gebore uit 'n passie vir kos en 'n geleentheid in die mark vir die daarstelling van 'n waarde vir geld wegneem ete konsep wat verligting bring in die huidige moeilike ekonomiese tydvak waarin die meeste van ons, ons bevind.

Die winkel is uniek in dat daar weggebreek word van die koue komersieele ''franchise'' model. Instede het ons as eienaars besluit om te gaan met 'n klasieke ''retro'' uitleg en afwerking wat die winkel 'n aangenaam huislik atmosfeer gee, van die kaggel vir koue aande, tot die voltydse persoonlike diens en toesig van die eienaars self.

Ons spesialiseer in 'n verskeidenheid van kossoorte:

Kom probeer gerus ons ''home style flame grilled'' burgers, waarvan die ''patties'' op ons perseel gemaak word van die beste maalvleis en speserye.

Ons ''Flame Grilled'' hoender is 'n wenner en huidiglik op promosie vir besonder goeie waarde vir geld maaltye. Hoender burgers is nou ook deel van die spyskaart en kry reeds groot aftrek van ons gereelde kliente.

Die ''Yummy Panini'' is ook baie gewild en goeie waarde.

Hier by ons kan jy die hele gesin tevrede stel uit ons verskeidenheid van kwaliteit maaltye wat heerlike Vis en Skyfies, Vark Ribbetjies Russians, Cheese Russians, Viennas, Steak Rolls tot Bunny Chows en Vrydae se Hoender Breyani insluit.

Ons skyfies word van vars aartappels met die skil, in die beste olie op die mark voorberei vir 'n heerlike olie vrye 'crispy chip' in 'n klas van sy eie beskikbaar van standard 150g tot Jumbo(1kg) verpakkings grootes.

Vir die familie is daar ook Burger, Russian & Chip, Hake & Chip en Hoender 'Combos' beskikbaar.

Ons koeldranke is ook redelik geprys vir u een stop gemak.

Bestellings kan telefonies geplaas word en opgetel word binne 20min.

Aflewering kan gedurende die week gereel word vir besigheids bestellings van R500 en op, tussen 11h00 en 16h00 vir aflewering in Secunda.

Normale aflewerings diens is in die beplannings stadium.


Map of Yummy Mummy Grill & Fry