Weskus Natuurskool/weskus Nature School

12 Seekant street, Lambertsbaai, 8130 ,South Africa
Weskus Natuurskool/weskus Nature School Weskus Natuurskool/weskus Nature School is one of the popular Education located in 12 Seekant street ,Lambertsbaai listed under Education in Lambertsbaai ,

Contact Details & Working Hours

More about Weskus Natuurskool/weskus Nature School

WESKUS NATUURSKOOL
Ons het ‘n eie, unieke Weskusondervinding wat elke skoolkind behoort te ondervind. Lambertsbaai is die diamant van die Weskus en ons deel baie graag ons natuurlike bronne en kennis met ieder en elk. Dit is die streek wat die vinnigste ontwikkel en ons kan nie wag om hierdie juwele met ons kinders te deel nie.
Ons natuurskoon en marinelewe is iets om opgewonde oor te raak. Lambertsbaai is ook die kreefmekka van Suid-Afrika en hier kan kinders dit eerstehands beleef.
PRAKTIESE LEERERVARING
Ons is ook binne in die Sandveldstreek en almal weet Sandveldaartappels is die beste in die land! Kinders kan ‘n plaas besoek, sien hoe word dinge op ‘n aartappelplaas gedoen en dan die aartappelfabriek besoek en agterna die lekker aartappels proe.
Ons streek is ryk aan geskiedkundige gebeurtenisse soos bv die Engelse, koninklike boot “HMS Sybille”, van 3400 ton staal, wat gestrand het in 1901 en die ontwikkeling van Lambertsbaai na hierdie gebeurtenis—die geskiedenis word goed bewaar in ons pragtige Sandveldmuseum. Op Steenboksfontein kan baie van dié memorabilia gesien word.
Boesmantekeninge in grotte is ‘n moet-sien!
OM NOOIT TE VERGEET!
Ons blommetyd is van Augustus tot November.
Van die blomspesies is vygies, gousblomme, lepelblomme, pietsnotjies, dykerwortels, magrietjies, botterblomme, goudblomsurings, aalwyne en vele meer.
Die enigste voëleiland in Suid-Afrika waar jy kan loop van die vasteland na die eiland. Enigste van slegs 2 in die wêreld en een van slegs 6 Malgasbroeiplekke wêreldwyd. Die eiland word deur Kaapnatuurbewaring as ‘n volledige ekotoerismebewaringsgebied bestuur.
Natuurbewaring bied skuiling aan derduisende voëls o.a. duisende seevoëls, in die besonder witmalgasse, duikersoorte en pikkewyne. Daar is ongeveer 22 000 vir die besoekers om te sien. Die paartyd is tussen April tot September en kan dié paringsdanse vanuit uitkykpunte beskou. word.
n Klipgooi van Lambertsbaai is die pragtige Elandsbaai. Hier is die mooiste natuurskoon, en brandersplankkompetisies word jaarliks in Lamberbertsbaai en Elandsbaai gehou en lok besoekers van reg oor die wêreld.
Dit is ook die tuiste van duisende voëlspesies in een gebied en voëlkykers kom van heinde en verre om die pragtige spesies te aanskou, asook die flaminke wat in die panne broei en voorkom.
ONS BIED DIE VOLGENDE:
ONS BIED DIE VOLGENDE:


*Besoek voëleiland onder toerbegeleiding van
Natuurbewaring 1—2 ure.
*Besoek Elandsbaai se kreeffabriek
*Voëlkyk
*Steenboksfontein besoek en vertelling
oorlogsreunes en memorabilia
*Besoek Boesmangrotte met tekeninge
*Besoek aartappelplaas en aartappelfabriek
*Besoek aan ‘n Rooibosteeplaas en verwerkingsaanleg.
(Die genesende eienskappe en gesondheidsvoordele
is legio).
*Besoek aan Redelinghuys (opsioneel) se murials
*Bootritte in en om die baai—walvis-en dolfynkyk
*Seepoele ondersoek en aantekeninge maak
*Herwinningspraatjie en praktiese werk op die
strandgebied – Impak wat besoedeling het op die
marinelewe en ekologiese sisteem
*Sand-”ART” kompetisie
*Strassberger leerskoenfabriek in Clanwilliam
(opsioneel)
*Bootrit in die baai—robbe-, dolfyn- en walviskyk
*”Movie aand” met springmielies en koeldrank
*Laaste aand—Weskusbraai op die strand





Map of Weskus Natuurskool/weskus Nature School