Tuinroete Agri

Industry road, Mossel Bay, ,South Africa
Tuinroete Agri Tuinroete Agri is one of the popular Agriculture Company located in Industry road ,Mossel Bay listed under Farming/agriculture in Mossel Bay ,

Contact Details & Working Hours

More about Tuinroete Agri

Sentraal-Suid Koöperasie (landbou koöperasie) het onlangs Tuinroete Agri (landboumaatskappy) oorgeneem in waarskynlik die eerste transaksie van sy soort.
Die vergroting van SSK se teenwoordigheid met Tuinroete Agri as ‘n volfiliaal, van Roberson in die weste tot Plettenbergbaai in die ooste en Mosselbaai in die suide tot Aberdeen in die noorde bied vir SSK groot geleenthede en uitdagings.

Tuinroete Agri se hoofkantoor is gevestig in Mosselbaai. Die Groep fokus daarop om gehalte produkte teen mededingende pryse met goeie dienslewering aan landbouers, tuiniers, boukontrakteurs, verfkontrakteurs, en aan alle inwoners van ons streek te bied.

‘n Fokus area is die verskaffing van landbou insette soos veevoere, omheiningsmateriaal, watertenks, saad, kunsmis, besproeiing, spuitstowwe, pakmateriaal, graanopberging en -skoonmaak en veeartsenyprodukte. ‘n Wye reeks gehalte produkte word teen mededingende pryse aangebied en sluit hardeware, verf, gereedskap, kruideniersware, troeteldierbenodighede, buitelewe produkte asook tuin- en boubenodigdhede in.
Ons beding namens landbouers die aankope van groot volume produkte teen uiters mededingende pryse. Sulke produkte word vanaf die verskaffer direk op die plaas afgelewer en word gewoonlik deur Tuinroete Agri gefinansier.
Buiten genoemde handelsaktiwiteite bemark ons ook korttermyn- en oesversekering van al die groot en bekende Versekeraars in SA vanuit drie streekkantore te Avontuur, Mosselbaai en Riversdal.

Map of Tuinroete Agri