Tolbos Kombuis

Zuidstr 4, Amersfoort, 2490
Tolbos Kombuis Tolbos Kombuis is one of the popular Food Truck located in Zuidstr 4 ,Amersfoort listed under Event Planner in Amersfoort , Food Truck in Amersfoort ,

Contact Details & Working Hours

More about Tolbos Kombuis

Oor Tolbos Kombuis:
Tolbos Kombuis getuig van ‘n plek waar die passie vir kos en menswees bymekaarkom.

As ‘n klein dorpie- boeremeisie, was die etes om die tafel met uitgestalde kos, sout-van-die-aarde mense en sielvolle gespreke iets wat my opgewonde maak.
Tolbos Kombuis dra daardie konsep saam waar die wind hom ookal sal waai. Die reisiger essensie van die die Tolbos bewys dat ek sal toelaat dat ek in die pad afwaai, om vir ‘n uitgerekte oomblik, goeie verhoudings, verleidelike produkte en soet herinneringe te kweek.
Hier kan mens saam met ander sielsgenote voor hom saamdrom, skaterlag, hartsdinge praat, insprieer of net sommer wees.
Natuurilk is daar ook die KOS. “Hartskos” is wat jy kan ervaar by die Tolbos kombuis. Kom drink daar ‘n glas wyn, lag, wees simpel, eet lekker en leef voluit,.

Wat Tolbos Kombuis doen:
Tolbos Kombuis wil vir jou behoeftes sorg.:
As jy ‘n jonk is en handkos soek waarin jy jou gesig kan druk, maak ons dit vir jou.
Vir ‘n meer gesofstikeerde aanslag waar jy grênd mense kan beindruk, tower ons disse op waarvan hulle die laaste stukkie lekker met hul vingers uit die borde sal wil aflek.
Ons waai vas teen die draad by:
• Verjaarsdae, werk afsluitings, House warming,
• Markte , feeste of basaars …
• Troues
• Sportsdae
• Huis kuiers
• Enige plek waar gawe mense en smul-lekker kos kan ontmoet

Map of Tolbos Kombuis