St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk

Adonisweg, Dysselsdorp, 6628 ,South Africa
St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk is one of the popular Religious Organization located in Adonisweg ,Dysselsdorp listed under Church/religious organization in Dysselsdorp , Catholic Church in Dysselsdorp ,

Contact Details & Working Hours

More about St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk

HEILIGE MIS TYE TE ST. KONRAD

SONDAE | PAROGIEMIS

Geen Sondag Waakmis word by St. Konrad gevier nie en slegs een Heilige Mis word op Sondae volgens die ondergenoemde tydtafel gevier:

8 vm. – Lente- en Somermaande
9 vm. – Herfs- en Wintermaande

* Wanneer omstandighede dit vereis, en slegs in buitengewone omstandighede, mag dit wees dat die Heilige Mis wel later begin.

WEEKSDAE | PAROGIEMISSE

Die Heilige Mis word op seker dae gedurende die week in die parogie gevier, of in die Onder-kerk of in die Bo-kerk, afhangend die omstandighede. Alhoewel nie verpligtend nie, is die bywoning van Weeksdae Eucharistie vieringe ʼn praktiese wyse om persoonlike geloof te versterk en te verdiep terwyl mens die kans gebruik om uself met die res van die universele Kerk in gebed en aanbidding te verenig.

Weeksdae Eucharistie vieringe is ook ideale geleenthede om ʼn spesiale geleentheid byv. die sterfherdenking van ʼn familielid, geliefde of vriend te gedenk, vir spesiale behoeftes of in danksegging die Heilige Mis te laat opdra vir die spesifieke intensie.

DINSDAE | PAROGIEMIS
5.30 nm.

* Wanneer Hoogfeeste op die dag gevier word, mag dit wees dat die Heilige Mis wel later begin.

WOENSDAE | PAROGIEMIS

5.30 nm.
6 nm. – Indien 'n Gedenkmis vir 'n komende Uitvaart aangevra word en gevier word, word die Heilige Mis later gevier om so veel moontlik die kans te bied om te kan bywoon.

* Wanneer Hoogfeeste op die dag gevier word, mag dit wees dat die Heilige Mis wel later begin.

DONDERDAE | SKOOLMIS

7.30 vm. – Lente- en Somermaande
7.45 vm. – Herfs- en Wintermaande

DONDERDAE | SKOOLVAKANSIES

8 vm.

SATERDAE | PAROGIEMIS

8 vm.
9 vm. – Indien daar op die bepaalde Saterdag 'n Uitvaart in die parogie gevier word.

NB! UITSONDERINGS

Die Heilige Mis word op Openbare Vakansiedae, die Kers- en Paasoktaaf, buiten Sondae, altyd om 9 vm. in die Onder-kerk gevier.

Map of St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk