Rainbow Labels & Ribbons

Bizznizz Centre, 14 Longstreet, Kimberley, 8301 ,South Africa
Rainbow Labels & Ribbons Rainbow Labels & Ribbons is one of the popular Company located in Bizznizz Centre, 14 Longstreet ,Kimberley listed under Company in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

More about Rainbow Labels & Ribbons

Merk wat joune is en hou dit joune!
Ons doen drukwerk van verskillende plakkers en linte van verskillende groottes en kleure. Persoonlike inligting of enige bewoording van jou keuse druk ons vir jou op waterdigte plakkers, sowel as lint. Jy kan ook 'n prentjie, karakter, embleem of 'n skoolwapen van jou keuse kies wat op jou plakker of lint moet verskyn.
Daar is verskillende groottes plakkers om in al jou merkbehoeftes te voorsien. Waterdigte plakkers vir die merk van kosblikke en koeldrankbottels werk baie effektief. Dan is daar ook klein plakkertjies wat gebruik kan word om skryfbehoeftes asook flitskaarte te merk, bv. elke potlood, pen, uitdraaikryt, Pritt, uitveer, skerpmaker, liniaal ens.
Die lint-name is baie effektief vir die merk van enige klerasie. Jy werk dit vas of plak dit met materiaalgom op enige kledingstuk.
Jy kan ook die kleur van die lint kies van jou keuse. Ons kan die skool se naam, persoonlike besonderhede of 'n gesegde op die lint druk.
Kontak my ook enige tyd vir addisionele behoeftes en ons kyk of ons jou daarmee kan help!!

Map of Rainbow Labels & Ribbons