Punt Hoërskool/ Point High Alumni

Hofmeyrstraat., Mossel Bay, 6500 ,South Africa
Punt Hoërskool/ Point High Alumni Punt Hoërskool/ Point High Alumni is one of the popular High School located in Hofmeyrstraat. ,Mossel Bay listed under Education in Mossel Bay , High School in Mossel Bay ,

Contact Details & Working Hours

More about Punt Hoërskool/ Point High Alumni

Geskiedenis van Punt

Die Hoërskool Punt het ontstaan uit ‘n Jongenskool wat in 1872 gestig is. ‘n Skoolgebou is in Blandstraat opgerig. Hierdie gebou bestaan vandag nog. Mnr Francis McIntyre was die eerste onderwyser. Onderrig is onder andere gegee in Hollands, Grieks en Wiskunde, terwyl Latyn en Frans ook later belangrike vakke was.

Later het ‘n Meisieskool tot stand gekom. In 1885 is die ou Kerk as Meisieskool in gebruik geneem.

Die Munisipale skoolraad is in 1906 in die lewe geroep en sy eerste taak was om ‘n nuwe skoolgebou vir die Jongenskool op te rig. Die heer Hoggard se plan vir die gebou is goedgekeur en die tender van die here Keating en Kie, vir die bedrag van ₤7 096 is aangeneem. Die hoeksteen is op 20 Maart 1909 deur Sir John Buchanan gelê. Die hoeksteenlegging het met groot feesvierings gepaard gegaan – die blaaskorkes het die feesvierings met musiek opgeluister en die seuns en dogters van die twee skole het “God save the King” gesing. Die skool is op 15 Februarie 1910 in gebruik geneem to dr. Muir, die S.G.O vir die plegtigheid hier was.

Die Jongenskool en die Meisieskool het in 1921 geamalgameer om die Hoërskool Punt te vorm. Die geamalgameerde skool het sy tuiste gevind in die gebou van die Jongenskool, terwyl die Laerskool Park die gebou van die Meisieskool betrek het.

Die skoolgebou is in 1910 in gebruik geneem, maar reeds in 1913 word gekla oor krake in die mure en stoepe en die ingevalle binneplein. Veranderinge en verbeteringe is voorgestel, maar eers in 1930 is ‘n nuwe dak opgesit. Voor daardie tyd moes klaskamers dikwels op reëndae ontruim word. Vir jare moes die skool sonder ‘n skoolsaal klaarkom totdat daar in 1957 ‘n handwerkblok en skoolsaal gebou is. Die skoolsaal is deur dr J.G Meiring, die destydse S.G.O ingewy.

Weens die toename in getalle het die gevoel in die vroeë sestiger-jare ontstaan dat uitbreidings aan die bestaande geboue noodsaaklik was. Planne is opgestel, maar weldra is besef dat uitbreidings aan die ou skool nooit werklik sou beantwoord aan die vereistes van ‘n moderne skool nie. Daar is toe besluit om heeltemal ‘n nuwe gebou op te rig en ‘n begin is gemaak met die beplanning daarvan. Tenders is reeds in 1971 gevra, maar weens ‘n gebrek aan fondse kon daar nie ‘n begin gemaak word met die bouwerk nie.

In 1973 is weer tenders gevra. Die tender van mnre. Pilex Foundation is vir ‘n bedrag van R 1 007 367,45 aanvaar. In Januarie 1974 het bouwerk ‘n aanvang geneem en die nuwe gebou is op 19 Maart 1976 betrek.

Met dank: Suid-Kaap Advertiser Donderdag 29 April 1976

Map of Punt Hoërskool/ Point High Alumni