Oogappeltjies

Plaas Goedehoop, Carolina, 1185 ,South Africa
Oogappeltjies Oogappeltjies is one of the popular Party Entertainment Service located in Plaas Goedehoop ,Carolina listed under Education in Carolina , Party Center in Carolina ,

Contact Details & Working Hours

More about Oogappeltjies

Oogappeltjies Kindersentrum bied die volgende fasiliteite:

Plaas kleuterskool

Oogappeltjies is ‘n kleuterskool wat glo in die wonder van kindwees en die waarde van spel. Oogappeltjies is ‘n veilige skuilplek vir klein kindertjies (2-5 jaar) om hulle eie wonderlike wereld te ontdek en te leer ken. Oogappeltjies skep ruimte vir vryheid, en buigsaamheid sodat elke geleentheid vir leer aangegryp kan word. Ons leer van die lewe en onsself. Ons bewonder alles wat interessant is. Ons kweek uitsonderlike mensies!


Kinderpartytjies


Oogappeltjies beskik oor 'n kinder-vriendelike en veilige speelterrein - ideaal vir 'n heerlike kinderpartytjie op die plaas. Die plaas atmosfeer en vryheid, 'n perderit, en diere voer dra by tot 'n opwindende en onvergeetlike ervaring. Ons vier die lewe en maak partytjies pret! Ons verskaf partytjie koeke, versierings en verversings vir kinders en volwassenes. Ons voorsien in jou behoeftes. Partytjies word slegs gehou op Saterdae.

Opvoedkundige speelgoed


Oogappeltjies het 'n liefde vir leer en 'n waardering vir spel. Ons verkoop kwaliteit speelgoed wat jou kind speel-speel help ontwikkel op 'n fisiese, emosionele en intellektuele vlak. Ons bied 'n verskeidenheid van speelgoed vir kinders van alle ouderdomme. Ons sien kliente slegs op afspraak.


Oogappeltjies is 18km buite Carolina gelee, op die plaas Goedehoop, R33 - in die rigting van Wonderfontein (Helpmekaar afdraai).


Vir verdere inligting, inskrywings, besprekings of afsprake, kontak:

Corlien Combrink (B.Ed Voorskoolse en Grondslagfase) (BA Hons. Taalstudie)
083 212 2948
oogappeltjies.kindersentrum@gmail.com

Map of Oogappeltjies