Die NG Gemeente Dias strek geografies vanaf die klein dorpie Hamburg (naby Oos-London) tot by Cannon Rocks (naby Alexandria) - 'n lang Sonskyn-kusstrook wat 'n hele aantal gemeenskappe en dorpe insluit. Vir praktiese doeleindes funksioneer die gemeente in 2 blokke nl. Dias Oos (Kerkgebou in Port Alfred, Broadweg 26) en Dias Wes (Kerkgebou in Boesmansriviermond, h/v Hoof- en Hertzogstraat)