Die skool het ten doel om ‘n positiewe, Christelike, liefdevolle, warm en veilige atmosfeer daar te stel, sodat die kind optimaal in alle aspekte van menswees kan ontwikkel. So ‘n atmosfeer kan slegs geskep word deur die fokus op ons Hemelse Vader te plaas. Ons akkommodeer babas van 3 maande tot kleuters in Gr R.