Mariah's Beads

Vredenburg, 7380 ,South Africa
Mariah's Beads Mariah's Beads is one of the popular Professional Service located in ,Vredenburg listed under Professional services in Vredenburg , Arts & Marketing in Vredenburg ,

Contact Details & Working Hours

More about Mariah's Beads

Elke stuk word met liefde gemaak en kan ons u verseker dat elke stuk uniek is. Tydens aankope sal maksimum 2 van die selfde items aangekoop word en elk een sal anders gemaak word, om te verseker dat dieselfde halssnoer nie herhaal word nie.

Ons doen POSBESTELLINGS en indien u n item aankoop en ver is, sal dit vir u gepos word. So enige iemand kan van ons items aankoop. N addisionele pos fooi van R30,00 sal vir alle pakkies gehef word n Suid-Afrika.

PRIVAAT BESTELLINGS word ook gedoen. Indien u n halssnoer wil laat maak is ons bereid om die ekstra pad vir u te stap. Ons sal fotos vir u stuur van die verskillende stene of perels wat tans in voorraad is waarvan u n keuse moet maak. Daarna sal u n keuse van 4 findings (die silwer tussen in) kry wat u n keuse moet maak en laaste sal u n keuse maak van die hakkie wat ons gaan gebruik. Sodoende behoort u stuk presies te wees soos u hom wil he.

BETALINGS moet vooruit gedoen word en sal die pakkie, nadat ons u betaling ontvang het, gepos word. U sal in kennis gestel word wanneer die pakkie gepos word. Ons sal dit dan ook waardeer indien u ons laat weet as u dit ontvang het.

KORRESPONDENSIE sal per inbox geskied of per u selfoon nommer vir fotos en waybill nommers.

TROUES. Ons doen gewoonlik perel halssnoere vir bruide en val dit in ons kategorie van privaat bestellings. Ons het ook al verskeie armbande vir bruidsmeisies gedoen. Let asseblief hier op dat die lengte van die armband/halssnoer baie belangrik is net soos die aanpas van u trourok. n Armband wat te groot is, is n probleem.

OP JAZZ VAN OU JUWELIERSWARE. Ons het nou ook al navraag gekry om ou juweliersware wat dames van hulle oumas/moeders ge-erf het bietjie te verander. Ons het al n paar stukke verander, waarmee ons kliente baie tevrede was en wat hulle nou kan gebruik.

Indien u enige navrae het inbox ons asseblief

Map of Mariah's Beads