M-Sport Tennis

Gouwslaan 15-2, Raslouw, Centurion, 0157
M-Sport Tennis M-Sport Tennis is one of the popular Tennis Court located in Gouwslaan 15-2, Raslouw ,Centurion listed under Tennis Court in Centurion , Outdoor, Recreation & Fitness in Centurion ,

Contact Details & Working Hours

More about M-Sport Tennis

Wie is M-Sport Tennis?

M-Sport Tennis is 'n afrigtingsskool in Centurion en die "brainchild" van Marinus & Liesl Potgieter.

M-Sport Tennis is in 1994 gestig met die doel om tennisafrigting en balvaardigheids-programme in Centurion te bevorder. Met die bekendstelling van Ballewales twee jaar later is die fondasies gelê om volledig uitvoering te gee aan hierdie doelwit.

Vandag, meer as 22 jaar later, is talle toppresteerders reeds deur M-Sport Tennis opgelewer, maar bly die oorhoofse benadering steeds dieselfde – afrigting met die doel om ‘n liefde en passie vir tennis by spelers te kweek en sodoende tennis as gesinsport wat nog op ‘n gevorderde ouderdom beoefen kan word, te bevorder.

M-Sport Tennis is sinoniem met tennis in Centurion!

Wat bied M-Sport Tennis?

M-Sport Tennis fokus op die ontwikkeling van balvaardighede by kinders vanaf 'n baie jong ouderdom tot op ‘n gevorderde stadium van tennisafrigting vir toppresteerders. Ons bied ook Cardio Tennis - 'n groeps aktiwiteit vir enige vlak en ouderdom speler - vir dié wat graag kalorieë wil afskud op 'n prettige manier.
Loer gerus hier na wat ons alles bied en wat beste vir jou behoeftes sal werk.

Waar is M-Sport Tennis?

Die tuiste van M-Sport Tennis is in Raslouw, Centurion en bied professionele fasiliteite en tennisbane vir tennisafrigting en -ontwikkeling. Ons rig ook af by Laerskool Hennopspark, Hoërskool Zwartkop en Flamingo Tennisklub in Wierdapark.

Daarsy! Nou weet jy meer oor M-Sport Tennis. Ons wil graag van jou hoor en sien uit daarna om gou-gou vir jou te kan sê "Aangename Kennis".

Bel, SMS of stuur 'n e-pos sommer vandag nog. Of dit nou is om te sê hallo, of om uit te vind wanneer jy met jou les kan begin, of dalk het jy net advies nodig oor watter raket om aan te skaf...

Marinus Potgieter aka Tennis-Guru: marinus@msporttennis.co.za / 083 633 3797

Liesl Potgieter aka Die Regte Baas: liesl@msporttennis.co.za / 083 633 3799

Frans Ledwada aka Die Regterhand: frans@msporttennis.co.za

Algemene navrae:
info@msporttennis.co.za

Rekening navrae: rekeninge@msporttennis.co.za




Map of M-Sport Tennis