Lapa Uitgewers Bloemfontein

Fichardtpark, Bloemfontein, 9301 ,South Africa
Lapa Uitgewers Bloemfontein Lapa Uitgewers Bloemfontein is one of the popular Bookstore located in Fichardtpark ,Bloemfontein listed under Book store in Bloemfontein ,

Contact Details & Working Hours

More about Lapa Uitgewers Bloemfontein

Moeg gesoek na die perfekte boek?
Daar word gesê dat vandag se kinders nie meer lees nie. Dis egter ’n mite: stel hulle aan die regte boeke bekend en ALLE kinders raak opgewonde oor lees.
LAPA se kinder- en jeugboekboeke weerspieël hedendaagse kinders se leefwêreld en word landwyd met groot sukses as voorgeskrewe boeke en bykomende leesmateriaal by skole gebruik.
Ons kundige uitgewers en skolespan (wat self Afrikaansonderwysers was en die skrywers van vele taalhandboeke en letterkundegidse) staan gereed met nommerpas-raad oor hoe om die perfekte boeke vir jou klaskamer (Huistaal, Eerste Addisionele Taal of Tweede Addisionele Taal) te kies. Daar is ook onderwysgidse (die meeste gratis) vir sommige van ons gewildste publikasies beskikbaar.
As jy ’n bibliotekaris is wat wil uitvind watter opwindende nuwe kinder- en jeugboeke onlangs by ons verskyn het, of wil weet watter titels jong lesers hul lippe laat aflek, is jy ook baie welkom om met ons verbinding te tree. Ons stuur ’n agent of lid van ons skolespan om ons nuutste boeke vir jou te kom wys.
Ons het ook ’n Skolekatalogus wat op navraag gratis aan u skool verskaf kan word. Hierin is daar nie net ’n indeling van al ons boeke vir die onderskeie grade en vlakke nie, maar ook inligting oor ons KABV-boeke in die Nasionale Onderwyskatalogus, e-boeke en waardevolle raad oor bv. Biblioterapie.

Map of Lapa Uitgewers Bloemfontein