Laerskool Kalie de Haas

Dr Nelson Mandela drive, Standerton, 2430 ,South Africa
Laerskool Kalie de Haas Laerskool Kalie de Haas is one of the popular Elementary School located in Dr Nelson Mandela drive ,Standerton listed under Education in Standerton , Elementary School in Standerton , Private School in Standerton ,

Contact Details & Working Hours

More about Laerskool Kalie de Haas

Boodskap van die Hoof

Baie welkom by die Facebook-blad van Laerskool Kalie de Haas. Hier wil ons graag spog met ons skool en ek glo u gaan u besoek op die blad baie interessant en leersaam vind.

Kalies presteer jaarliks op alle terreine en ons is vreeslik trots op ons ouers, leerders en personeel. Die Beheerliggaam is baie entoesiasties en dra die skool se belange op die hart. Ryke geleenthede is daar inderdaad om te presteer op vele terreine, omdat ons glo aan ñ gebalanseerde aanbieding van aktiwiteite sodat ons kinders verantwoordelike en verantwoordbare keuses kan maak.

Die Bybel sê ñ boom word geken aan die vrug wat dit dra, so word Kalies ook geken aan die kinders wat hier gevorm word en die wêreld in gestuur word. By ñ skool moet kinders hulle voorberei vir die lewe en daarom moet die grondslag reg gelê word. Ek kan onomwonde getuig dat juis dit hier by Laerskool Kalie de Haas gedoen word.

Ons poog om ñ verskil te maak in elke kind se lewe. U as ouers wil slegs die beste hê vir u kinders. Ons as personeel streef daarna om net die beste vir elke kind te bied. Voornemende ouers kan my gerus persoonlik by die skool kom besoek indien u enige verdere navrae het.

Geniet u reis deur die lewe van KALIES.

Groete

Die Hoof

Map of Laerskool Kalie de Haas