Koster tuiste vir Bejaardes is geopen op 1 November 1984. Die verrigtinge het plaas gevind in die Prosch saal. Opening was gedoen deur Ds. F.J. Labuschagne. Verwelkoming deur Ds. P.J. Groenewald. Oorsig van Ontstaansgeskiedenis deur Mnr. J.J.S. Robbertse. Die onthulling van die hoeksteen is om 12h00 deur Sy Edele Mnr. S.F. Kotze gedoen. Mnr. L. de Beer (Argitek) oorhandig die sleutel en die gebou kon besigtig word. Die tehuis is nou Dertig jaar oud en ons is dankbaar vir elke jaar wat ons bestaan. Ons beleef elke dag groot vreugde en hartseer, mense kom en gaan maar die Tehuis bly. In elke hoekie van die Tehuis is daar herinneringe van liefde en verlies. Ons dank God ons Vader vir al Sy liefde en genade, dat Hy ons dra deur alles.