Elke jaareinde behartig ons ‘n liefdadigheids projek in die gees van Kersfees.
Ons versamel fondse of goedere wat geskenk kan word in die vorm van pakkies vir behoeftige kinders in die kinderhuise, hospitaal en Healthy Mom & Baby Clinic.
Enige speelgoed, (oud en nuut) word verwelkom, sowel as lekkers, klere (oud en nuut) vir Babas tot tieners 14-jarige ouderdomme. Fondse wat ingesamel word sal ook gebruik word vir die aankoop hiervan.