Hoërskool Diamantveld

Voortrekkerstraat 2, Kimberley, 8301 ,South Africa
Hoërskool Diamantveld Hoërskool Diamantveld is one of the popular Public & Government Service located in Voortrekkerstraat 2 ,Kimberley listed under Education in Kimberley , High School in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

More about Hoërskool Diamantveld

Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley 'n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders 'n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan 'n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang.

Die nuwe hoërskool het geopen met 51 leerlinge in st. 7 en st. 8 en vier personeellede. Gedurende die eerste jaar van sy bestaan was die skool bekend as die Afrikaansmedium Hoërskool van Kimberley. Die volgende jaar is die naam verander na Diamantveld-Hoërskool, 'n streeknaam, en nie die verheerliking van een of ander persoon nie. Die skool het vir baie jare as Diamantveld-Hoërskool (DHS) bekend gestaan, maar die naam is later na die taalkundig korrekte skryfvorm, Hoërskool Diamantveld, verander.

Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Kimberleyse Onderwysers Opleidingskollege (Kimberley Teachers' Training College) begin en is geleidelik vergroot.

Teen 1970 groei die leerdertal tot nagenoeg 600 leerlinge en in 2010, 75 jaar na die stigting, spog Diamantveld met 720 leerders en 34 onderwysers. Van 'n eenvoudige begin het Hoërskool Diamantveld in een van die belangrikste Hoërskole in die ou Kaapprovinsie en huidige Noord-Kaap ontwikkel wat op elke gebied, hetsy sport, akademies of kultureel, 'n belangrike bydrae lewer. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid.

Sedert die ontstaan van die skool word alle leerlinge wat hul tuis voel in die kultuur en taal, hier by Diamantveld verwelkom - sonder aansiens des persoons. Ons voeder-areas lewer nog altyd leerlinge oor die hele sosiale spektrum - almal is ewe welkom. Só leer ons leerlinge ook om mense wat van hul verskil te respekteer vir die mense wat hul is.

Die volgende waardes is by Diamantveld ononderhandelbaar:

* Dissipline
* Gehalte akademiese onderrig
* Gesonde klem op sportdeelname
* Liefde vir eie kultuur
* Diamantveld - een groot huisgesin

Social Media
Instagram: https://www.instagram.com/hoerskooldiamantveld/

Map of Hoërskool Diamantveld