Genade in Aksie - Grace in Action

Bloemfontein, 9301
Genade in Aksie - Grace in Action Genade in Aksie - Grace in Action is one of the popular Nonprofit Organization located in ,Bloemfontein listed under Nonprofit Organization in Bloemfontein ,

Contact Details & Working Hours

More about Genade in Aksie - Grace in Action

Genade in Aksie is 'n Welsyns Organisasie (NPO # 103276) wat werk onder die gemeenskap in Bloemfontein. Ons werk hoofsaaklik in die gewese Blanke areas waar armoede al vir jare n probleem is, maar nou handuitruk. Areas soos “Smartie Town”, Hilton, Oranjesig, en op die plotte waar daar blanke plakkerskampe is.

Alhoewel ons konsentreer op die Blanke Volkseie Bevolking kom daar van tyd tot tyd ook ander bevolkings groepe se kinders in die groep as gevolg van die woonbuurte wat nie meer blank is nie. Dit is nie n kwessie van ras nie maar ons gee maksimum voorkeur aan ons EIE mense. Daar is baie ander organisasies wat staatsbevondsing ontvang en wat in swart of bruin areas werk. Hulle gee meeste van die tyd nie aandag aan die noodkreet van die armblankes nie.

Ons kry GEEN staatsbevondsing nie en maak geheel en al staat op Ketting Winkels (vir kos en klere en borgskappe) en skenkings van die publiek.

GIA word bestuur deur Maureen Oosthuizen. Maureen se Pa en Ma het Mobiele Etes vir die Bejaardes in Bloemfontein bestuur vir meer as 10 jaar. Hulle het na jare se onbaatsugtige diens aan die Bloemfontein gemeenskap op welverdiene aftrede gegaan by die see. Gedurende die tyd het sy menigte projekte geloods vir die Bejaardes en die Jonges. Sy is diep ingesetel en bekend in Bloemfontein. Besighede ken haar al wanneer sy kom “bedel” vir kos of geskenkies vir die Bejaardes of Kinders.

Sy het in Junie 2011 Genade in Aksie geloods en doen nou haar liefdeswerk onafhanklik van enige ander organisasie. Alhoewel sy nie huidiglik warm kos kan Kook en Aflewer by die 600 bejaardes wat sy elke week besoek het nie kan sy op die stadium al die ander dienste en projekte aanbied.

Map of Genade in Aksie - Grace in Action