Feest Dècor and events

Harrismith, Harrismith, 9880 ,South Africa
Feest Dècor and events Feest Dècor and events is one of the popular Event Planner located in Harrismith ,Harrismith listed under Event planning/event services in Harrismith ,

Contact Details & Working Hours

More about Feest Dècor and events

Welkom by Silver Lace Décor

Ek het besluit om 'n nuwe onderneming te begin. Dit is werklik ‘n nuwe uitdaging waaroor ek baie opgewonde is en ek droom GROOT!!! Ek is soooo opgewonde oor dit wat voorle en terselfde tyd innig dankbaar vir die geleentheid! Met my vorige ervaring in die korporatiewe - , Finansiële - en trou industrie , is ek geïnspireer om groot sukses te behaal met die talente wat God aan my gegee het. Ek het 'n groot liefde vir beplanning en organisering en het ‘n passie vir alles wat mooi en elegant is. My besigheid is gebaseer op eerlikheid en integriteit en ek streef daarna om 'n persoonlike, unieke en asemrowende gebeurtenis vir elke kliënt te skep , waarin ek die huidige tendense , elegansie en eenvoud kombineer.

Silver Lace Décor spesialiseer in die verhuur van kwaliteit trou en funksie dekor vir enige gebeurtenis. Ek is gebaseer in Harrismith in die Vrystaat . Of jy nou op soek is na net 'n bietjie hulp en leiding , en of jy wil hê dat ek elke dekoratiewe detail van jou funksie vir jou moet handhaaf, is ek daar om te help .
As ek nog nie het waarna jy soek nie , vra my en ek sal help waar ek kan. Omdat ek nog in die begin vase is van my besigheid is ek besig om dekor aan te vul, en sal graag dit vir jou kry wat jou funksie perfek sal maak. Ek streef daarna om unieke dekor items te hê, wat huidige tendense , elegansie en eenvoud weerspieël.
Ek sien daarna uit om julle te ontmoet , elkeen se persoonlike styl te leer ken en jou droom funksie in ‘n werklikheid te omskep.
Ek sluit af met die volgende aanhaling: “Dekor is wat jou funksie lewe gee - dit moet 'n storie vertel en jou persoonlikheid weerspieël.”
Xxx
Nelia

Map of Feest Dècor and events