Die Blou Lint

96 Zuid Street, Rensburg, 1439 ,South Africa
Die Blou Lint Die Blou Lint is one of the popular Landmark & Historical Place located in 96 Zuid Street ,Rensburg listed under Attractions/things to do in Rensburg ,

Contact Details & Working Hours

More about Die Blou Lint

Die Blou LINT, is 'n kindervriendelike partytjie en piekniek venue. Ons het 2 "lapa's" een groter as die ander een. Elke "lapa" het sy eie braaier, kraan en elektriese punt. Ons het 10 piekniek areas elkeen met 'n braaier en 'n kraan, die piekniek area is groot genoeg vir 'n gesin van 6. Ons het wel een piekniek area vir klein partytjies of 'n kuiertjie wat 10-15mense kan vat. Roosters kan gehuur word en ons het charcoal, blits en vuurhoutjies te koop in ons winkeltjie. Ons winkeltjie het 'n verskeidenheid van koeldrank en iets te peusel. Ons verkoop ook kossies vir die diere wat die kinders kan voer. Ons het donkies, boerbokke, swane, eendjies, 'n skilpad, hasies, 'n perd en ook varkies. Ons het ook 'n verskeidenheid van klimrame, boomhuise, springmatte, swaaie ens. Vir meer inligting skakel ons gerus. Die park is slegs beskikbaar met afspraak. Alle besprekings is vir 3ure.

Map of Die Blou Lint