Boschkop Vaaldam

Maribou Rd Vereeniging, Dipaleseng, 2420 ,South Africa
Boschkop Vaaldam Boschkop Vaaldam is one of the popular Fishing Store located in Maribou Rd Vereeniging ,Dipaleseng listed under Fishing in Dipaleseng , Camp in Dipaleseng , Outdoor Recreation in Dipaleseng , Sports & Recreation in Dipaleseng ,

Contact Details & Working Hours

More about Boschkop Vaaldam

Boschkop Hengeloord is 'n hengel oord aan die oewers van die Vaaldam waar varswater hengelaars die tradisionele Vaaldam spesies genaamd karp, baber, geelvis, graskarp en moddervis kan uittrek.

Hier is geen kragpunte langs die oewer nie as gevolg van die wisselende watervlakke van die Vaaldam. Kampeerders mag wel generators saambring en hier is ablusie geriewe met storte/baddens met warm water.

Ons het ook 'n winkel wat die nodige aanhou - insluitende vuurmaakgoed, braaipakke, hengel produkte, koeldrank, roomys ens asook 'n aparte drankwinkel.

Vir kinders is hier wye oop spasie vir fietsry en kreatiewe spel en dit is ook veililg om in die dam te swem. Geen addisionele aktiwiteite word aangebied om kinders besig te hou nie.

Kostes vir kamp is soos volg:
R20 per voertuig eenmalig
Volwassenes R40 per dag en R20 per nag
Pensionarisse en Skoolgaande kinders R30 per dag en R10 per nag
Kinders onder 6 is gratis
Geen besprekings vir kampplek word gedoen nie.

Ons het ook vier 4-slaap chalets en een 6-slaap chalet beskikbaar - vir pryse en besprekings stuur asb 'n e-pos aan info@boschkopoord.co.za

Map of Boschkop Vaaldam