Die Atterbury Teater is 'n voortreflike klassieke konsertsaal en is terselfteryd optimaal toegerus wat ruimtelike akoestiese vereistes betref. Die teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in die ooste van Pretoria, as deel van die Lynnwood Bridge Retail-ontwikkeling.
Atterbury Teater het 'n volledige Computicket-kantoor. Daar is ook 'n goed-toegeruste kontantkroeg in die voorportaal, waar teatergangers voor vertonings en tydens pouse 'n drankie kan geniet. Die voorportaal en kroeggedeelte loop uit op 'n balkon met 'n uitsig oor een van die mooiste dele van Pretoria, en sluit aan by die ontvangsarea van Odyssey Records.
GPS-koördinate / coordinates: -25° 45' 59", +28° 16' 45"
(S 25° 45' 59", E 28° 16' 45")
If you are struggling to find the theatre's location, copy & paste these coordinates into the search bar on Google Maps, click on the magnifying glass icon, and then you will be able to see exactly where the theatre is located.