Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort-vakansieoord.
Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed-toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.
Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons vierbed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite.
Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede … die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.
ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.